| Temba Tuis | Navrae    


ORANGE RIVER LODGE

Selfsorg akkommodasie by Noordoewer in Namibie.

Bespreek aanlyn en spaar 4%

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU>>


Orange River Lodge - Algemeen

Die Oranjerivier Lodge is op die grens van die Ai-Ais-Richtersveld Oorgrens Bewarea. Die Park is 6 045 km2 groot en strek oor die grens tussen Namibië en Suid-Afrika. Daar is asemrowende vistas van die woestyn en droë vlaktes, asook ‘n yslike verskeidenheid unieke plantspesies.

 

Die Ligging

Oranjerivier Lodge is in Noordoewer geleë. Soos ‘n mens van die naam kan aflei, is die dorp op die Namibiese oewer van die Oranjerivier – die natuurlike grens tussen Namibië en Suid-Afrika.

 

Akkommodasie

Die Oranjerivier Lodge bied ‘n verskeidenheid akkommodasie vir moeë reisigers. Vir diegene wat selfsorg verblyf verkies, het die Lodge 4 dubbelkamers. ‘n Bykomende 3 gesinskamers kan elk 4 gaste huisves. Albei kameropsies is en suite en is toegerus met lugversorging, TV en tee-/koffie-stasies.

Beleef ware Namibiese gasvryheid in die grasdak-lapa waar watertandgeregte (a la carte) bedien word, of leer ken mede-gaste beter in die gesellige kroeg.

 

 

Aktiwiteite

Alhoewel die Oranjerivier Lodge ‘n ideale oornagpunt tussen Kaapstad en Windhoek is, het hulle ook ‘n reeks aktiwiteite vir gaste wat dalk ‘n bietjie langer wil kuier.

Die Oranjerivier is die tuiste van ‘n groot aantal visspesies (veral karp, katvis en geelvis), dus kan jy gerus probeer hengel. Jy kan die nodige toerusting by die Oranjerivier Lodge huur.

Jy kan ook ‘n kanoe huur vir ‘n daguitstappie op die rivier. Hulle kom haal jou by die eindpunt en die terugrit na die Oranjerivier Lodge is by die prys ingesluit.

Ywerige geskiedkundiges kan die plekke besoek waar veldslae gedurende die Nama-rebellie van 1904 tot 1908 plaasgevind het, of die grafte van Duitse soldate wat in Namibië gestasioneer was gedurende die Duitse koloniale bewind.